FarmMentor

(Die stelsel wat jou help om beter besluite)

WMS - Top 20 Mentorprogram

FarmMentor

(Die stelsel wat jou help om beter besluite te neem)

Aanlyn Mentorprogram Vir Veeboere

(Klik op die video hieronder vir meer inligting)

Stap-Vir-Stap Implementering Saam Met Van Die Land Se Top Veeboere Om Jou Boerdery Binne 12 Maande Te Vat Na Een Van Die Top 20% In Suider Afrika

Die FarmMentor program is beperk tot 30 Boere per inname

Volgende Inname begin September 2026

NB: Registrasie Sluit 30 Augustus 2026

Boere wat reeds deel is van FarmMentor

Die Boere se Ervaring Van FarmMentor

FarmMentor Groep

Privaat groep waar die boere toegang kry tot die lesings en waar hulle kan vrae vra, en inligting met mekaar deel.

Jy bou nie n boerdery om jou gevange te hou vir die res van jou lewe nie.

Die FarmMentor toepasing help jou om beter besluite te neem, risiko te beperk, produktiwiteit te verhoog sodat jy volhoubaar kan boer.

  • Jy het meer tyd vir jouself

  • Jou span begin vat van die boerdery se verantwoordelikhede oor

  • Die span word meer produktief

  • Jy kan jou fokus verskuif na die take wat meer belangrik is

  • Jou boerdery steun meer op stelsels en nie net op jou nie

  • Probleme word opgelos sonder dat jou span elke keer vir jou moet vra

  • Die boerdery se groei word gedryf deur sisteme sonder dat dit meer werk van jou verg

  • Die boerdery begin beweeg vorentoe sonder dat jy hoef op te druk.

Die ware transformasie is nie meer tyd en vinniger groei nie, maar deur die een ding weg te vat wat alles terughou.

Die boerdery se afhanklikheid van jou!

Jy is in meeste gevalle jou boerdery se grootste bottelnek!

FarmMentor

Vir wie is hierdie program bedoel?

Hierdie is WAARSKYNLIK nie vir jou as jy....

  • n Student, adviseur of agent is

  • Nie toegang het tot n rekenaar met betroubare WIFI nie

  • Nie gemaklik is met basiese rekenaarvaardighede nie

  • Op soek is na metodes om vinnig geld te maak

  • Nie bereid is om ander se opinies met respek aan te hoor nie

  • Nie van plan is om wat jy leer toe te pas nie

Dit is WEL vir jou as ....

  • Jy n positiewe en aktiewe veeboer is

  • Jy graag wil leer hoe om jou boerdery as n besigheid te bestuur

  • Jy moeg is vir krisisbestuur en op soek is na sisteme wat werk

  • Jy wil leer hoe die top 1% veeboere bestuur, beplan en groei

  • Jy bereid is om 3 tot 5 ure per week in jou groei te belê

  • Jy wil boer met n visie en strategie om jou nalatenskap te verseker

Hoe werk dit?

Toegepaste Kennis Is Mag.

Ontsluit Jou Volle Potensiaal ...

Hierdie mentorprogram is vir veeboere wat van finansiële onsekerheid, frustrasie en oneffektiewe bestuur in hul veeboerdery wil beweeg na een van die top 20% veeboere in Suider Afrika deur middel van beter beplanning, strategie, stelsels en die suksesvolle implementering daarvan sodat hulle welvaart kan skep met die vestiging van n winsgewende, goed-bestuurde, volhoubare besigheid wat hulle met selfvertroue en trots aan hul toekomstige geslagte kan oordra.

Dit verseker hul familie se nalatenskap, bied persoonlike bevrediging en hulle maak n betekenisvolle verskil binne hul gemeenskap.

Die mentorprogram strek oor 12 maande

My werk is om leiding te gee en om jou sukses saam met jou te vier.

NB: (Ek gaan nie die werk vir jou doen nie. Dit is jou verantwoordelikheid.)

Wat word alles ingesluit by die FarmMentor

1. FarmMentor:

Eerste 12 Maande se toegang tot die FarmMentor toepassing.

2. Kwartaalverslag en beplanning:

Ons gaan een keer per kwartaal evalueer en regstellings maak.

3. Weeklikse sessies:

Ons ontmoet weekliks aanlyn vir die eerste 16 weke om seker te maak jy verstaan en implementeer die program.

4. Mentorklasse:

Een keer per maand. Vrae en antwoorde sessies. Gesprekke met kundiges.

5. WhatsApp-kommunikasie:

Jy kan direk 1-1 met my op WhatsApp kommunikeer.

6. Privaat FarmMentor - groep:

Hierdie privaat groep sal sorg dat jy nie agterbly nie.

7. Meesterbrein-byeenkomste:

Een byeenkoms per jaar as groep om in persoon te ontmoet met uitgesoekte gaste as sprekers.

8. Templates:

Telkaarte, Veeregister, Begroting, Bestuursprogram,Veevloeibeplanning, Inkomstestate, ens.

9. FarmMentor Curriculum:

Leeftyd toegang tot die aanlyn modules van die FarmMentor program.

10. Opnames:

Toegang tot die opnames van die strategiese sessies op WhatsApp groep.

Jou Belegging

Die totale belegging in jouself vir die 12 maande is R 32 500

Registreer vir maand een @ slegs R 2500

Jy het 30 dae om te besluit (Sien waarborg hieronder)

Opsies

As jy besluit om voort te gaan is daar twee opsies

Opsie 1: Eenmalig

Betaal R 27 000 eenmalig (R 3000 korting)

Opsie 2: Drie maande

Betaal R 10 000 per maand oor drie maand

Opsie 3: Persoonlike ooreenkoms

Die vraag is nie of jy dit kan bekostig nie.

Die vraag is eerder of jy dit kan bekostig om dit nie te doen nie.

As jy nie bereid is om in jouself en jou toekoms te investeer nie.

Wie gaan wees?

Mentorprogram

My 30 dae geen vrae geld terug waarborg

As jy nie die werk doen en dit toepas nie, sal jy nie die resultate sien nie.

Ek werk met boere wat weet niks in die lewe is gewaarborg nie—jy moet in jouself glo en opdaag vir jou eie sukses.

My waarborg aan jou: Geld terug na 30 dae

Jy sal toegang hê tot al die sessies, modules, privaat groep, asook die FarmMentor toepassing.

As jy binne dié eerste 30 dae voel die program is nie vir jou nie, kan jy eenvoudig onttrek—geen vrae nie.

Ek betaal onmiddelik jou geld terug.

Meer as net boer

Jy Het 2 Keuses...

1: Hou aan op die harde manier - Vloek en Skel

Werk lang ure, spring van die een krisis na die volgende en maak staat op jou eie vermoë om die wa deur die drif te trek.

Bly glo dat dinge binnekort sal bedaar. Hou aan om die bottelnek van jou boerdery te wees. Offer al jou tyd op om jou boerdery te laat oorleef.

2: Bou stelsels vir gemoedsrus, vrede en vooruitgang

Implementeer die nodige sisteme wat vooruitgang verseker sonder meer ure, spanning en chaos.

Skep 'n boerdery waarvan die groei voorspelbaar is en wat nie totaal van jou afhanklik is nie.

Die mentorprogram is beperk tot 30 Boere per inname

Wat Kry Jy Terug?

''Return On Investment (ROI)''

1: Tyd ROI

Meeste boere spaar 10-20 ure/week binne die eerste 6 maande

Wat is die waarde van jou tyd? R 100/uur - R 200/uur- R 500/uur

  • 10 uur/week @ R 100/uur = R 1000/week

  • 10 uur/week @ R 200/uur = R 2000/week

  • 20 uur/week @ R 100/uur = R 2000/week

  • 20 uur/week @ R 200/uur = R 4000/week

  • Bedryfsmaatstawwe

Resultaat:

Jy kry jou geld terug voor die einde van die program

Alles wat volg is saamgestelde ROI

2: Operasionele ROI

Jy wen wanneer sisteme chaos vervang:

  • Vinniger-uitvoering

  • Minder foute

  • Boerdery is nie net afhanklik van jou nie

  • 20-30% beter produktiwiteit

  • Meer wins

  • Beter gesindheid onder arbeid

Resultaat:

Die Operasionele ROI tel op oor tyd

3: Uittree ROI

Soomlose oorgang na die volgende generasie of eienaar

  • Moontlike belasting besparings

  • Volgende generasie hoef nie skoolgeld te betaal nie

  • Stelselgedrewe besighede is meer werd as besighede wat van die eienaar afhanklik is.

  • Stelselgedrewe besighede is investeerbaar

  • Stelselgedrewe besighede het 'n handelsmerkwaarde

Resultaat:

Jy kan jou boerdery teen baie meer verkoop of jy kan jou boerdery met gemoedsrus oordra na die volgende generasie.

3: Gemoedsrus ROI

Vrede het nie n prys nie:

  • Gaan hou vakansie sonder dat die boerdery uitmekaar val. Prysloos

  • Jy hoef nie meer vir almal te dink nie. Prysloos

  • Om wakker te word en te weet dat alles op koers is en glad verloop. Prysloos

Resultaat:

Dit wys nie op jou balansstaat nie maar dit bepaal hoe jy dink , besluite neem en leef.

Die tyd saam met jou mense is baie kosbaar.

4: Groei ROI

Ontsluit die boerdery se potensiaal

Tot 10 x jou belegging binne 1 jaar

  • Minder dag tot dag bestuur

  • Meer tyd om te fokus op NB werk wat die besigheid sal groei

  • Meer tyd om te fokus op besigheids en persoonlike verhoudings

  • Beplanning & Strategie

  • Moniteer, Evalueer & Verbeter

Resultaat:

Die boerdery kan groei en skaal sonder dat jy die bottelnek veroorsaak.

Begin Bou Vandag Aan Jou Suksesvolle, Volhoubare Veeboerdery.

Hoe Om Te Begin

Plek is beperk tot 30 boere per inname om te verseker dat ek die nodige ondersteuning kan gee vir jou om te implementeer vir sukses

Stap 1: Registreer

Bespreek vir maand een van die mentorprogram

Stap 2: Aanboord sessies

Aanlyn sessie wat presies gaan verduidelik hoe ons te werk gaan en wat om te verwag.

Ontmoet die ander boere op die groep

Stap 3: Spring aan die werk

Beplanning & Strategie

Begroting & Stelsels

Implementering

Monitering

Evaluering

Regstelling

Jou Tyd Is Nou!!

Meer as net Diere

Toegepaste Kennis Is Mag. Ontsluit Jou Volle Potensiaal ...

Curriculum

Deel 1: Die Boer

Inhoud:

  • Module 1: Wat Is Ware Welvaart

  • Module 2: Begin Met Die Einde In Gedagte

  • Module 3: Die Top 20% Boer Se Denkwyse

  • Module 4: Waardes Beginsels en Leierskap

Deel 2: Die Besigheid

Inhoud:

  • Module 5: Jou Veeboerdery Is n Besigheid

  • Module 6: Die 4 Enjins Van Winsgewende Boerdery

  • Module 7: Meet Wat Belangrik Is

  • Module 8: Die Top 20% Prestasie Formule

Deel 3: Die Stelsels

Inhoud:

  • Module 9: Werk Ook Op Die Boerdery, Nie Net In Die Boerdery

  • Module 10: Die 90-Dae Groei Stelsel

  • Module 11: Die 4 Lense Van Besluitneming

Deel 4: Die Welvaartmasjien

Inhoud:

  • Module 12: Bou Bates, Nie Net Inkomste Nie

  • Module 13: Die 5 Bateklasse Van n Moderne Boer

  • Module 14: Die Mag Van Kummulatiewe Groei

Deel 5: Nalatenskap

Inhoud:

  • Module 15: Meer As Net Diere

  • Module 16: Die Volgende Generasie

Begin Bou Vandag Aan Jou Welvaart

(Klik op die groen skakel om toegang te kry)

Fase 1: Maand 1-2

Beplanning & Strategie

''The Personal Operating System''

Maak los jou tyd en neem beheer:

  • Risikoprofiel

  • Persoonlike belyning

  • Hoekom doen jy wat jy doen?

  • Hoekom denkwyse sukses bepaal

  • Langtermyn visie

  • Boerderyplan

Resultaat:

Jy gaan van krisisbestuur na beplandebestuur

Fase 2: Maand 3-4

Begrotings & Stelsels

''The Business Engine''

Verander jou boerdery in stelsels wat hardloop sonder jou:

  • Boerderyprofiel

  • Winsdrywers

  • Bemeester jou boerdery se finansies

  • Personeel, Rolle & Verantwoordelikhede

  • Bou n veerkragtige boerdery

  • Bemarking en Verkope vir maksimum wins

  • Opvolgbeplanning & Nalatenskap

Resultaat:

Jou boerdery is nie net afhanklik van jou nie

Fase 3: Maand 5-12

Monitering, Evaluering & Verbetering

''The Performance Flywheel''

Maak jou boerdery self-verbeterend en skaalbaar

  • Stap-vir-stap implementering van FarmMentor toepassing

  • Monitering van die totale boerdery onderneming

  • Evaluering van data

  • Regstellings en verbeterings om doelteffendheid te verhoog.

  • Meesterklasse:

    Sessies met van die land se suksesvolste boere & kundiges

Resultaat:

Jou boerdery se groei is voorspelbaar - selfs wanneer jy oorgee

Begin Bou Vandag Aan Jou Suksesvolle, Volhoubare Veeboerdery.

Ek is Abraham(Braam) Coetzee en ek is al meer as 30 jaar betrokke in die skaap- en wolbedryf in Suid Afrika.

Ek het op 'n skaapplaas in Namibië grootgeword.

Na skool gaan studeer ek B.Sc. Landbou aan Stellenbosch Universiteit en spesialiseer in die voeding, teling en bestuur van wolskape.

In 1990 verwerf ek die graad B.Sc.-Honeurs in Skaap- en Wolkunde.

My loopbaan begin in 1991 by die Suid-Afrikaanse Wolraad as 'n skaap- en woladviseur.

Gedurende hierdie tyd was ek betrokke by die bestuur van ooiprojekte in die Karoo om te bepaal hoe lyk die tipe wolskaap wat optimaal presteer onder natuurlike omstandighede.

Ek het ook gedien as 'n senior skaap- en woladviseur vir die Nasionale Wolkwekersvereniging van Suid-Afrika, sowel as vir BKB, een van die voorste Wolmakelaars in Suid-Afrika.

Verder het ek vir 10 jaar as die besturende direkteur van die Konsortium maatskappye gedien. My funksie was die ontwikkeling van standaardbedryfsisteme vir die boerdery. Die beplanning, begroting, implementering, monitering en evaluering van die boerdery eenhede.

Ek is ook die afgelope 17 jaar die besturende direkteur van my familie se eie groep van maatskappye.

Ons bedryf verskeie besighede onder die Amali-handelsmerk.

Verder doen ek gereeld kursusse oor bemarking, leierskap en bestuur en doen ook baie selfstudie oor hierdie onderwerpe.

Ek en my vrou, Marlize woon in Cradock in die Oos-Kaap. Ons het twee dogters. Die oudste is in die vrugte uitvoer bedryf en die jongste is in die finansiele bedryf.

Mentorprogram

Die tyd is nou!

All rights reserved Amali Digital Marketing Agency (Pty) Ltd

Disclaimer:

This program is provided for informational purposes only and does not constitute financial, investment, or legal advice. The content is based on research and personal experience and is intended to share general information about sheep farming concepts and strategies. Individual farming situations vary, and it’s important to consult a qualified advisor before making any investment or financial decisions. We do not guarantee specific results, and all investments carry risk. The creators and distributors of this guide are not responsible for any losses or damages resulting from actions taken based on its contents.